Jongerenprojek Netwerk

Die Jongerenprojek

'n Reis van kulturele ontdekking

Die Jongerenprojek bou bande tussen die Lae Lande en Suider-Afrika deur ‘n unieke kulturele en akademiese uitwisselingsprogram. Deur hierdie program kry studente die geleentheid om ‘n wêreld van kulturele rykdom en vriendskap te ontdek.

'n Ryk erfenis

Die ontstaan van die Jongerenprojeknetwerk

In 1973 het professor Frits de Waard die saadjie geplant wat gegroeie het tot ‘n uitwisselingsprogram wat die Lae Lande en Suider-Afrika met mekaar verbind.

Ondanks uitdagings in die 1980’s, het die Jongerenprojek standvastig sy reis voortgesit. Vandag bly dit ‘n baken van kulturele vereniging.

Met onwrikbare toewyding voer ons voort om sterk brûe tussen kulture te bou, deur die ryk erfenis van die Jongerenprojek voort te sit.

Programoorsig

'n Blywende impak

Jaarlikse uitwisseling

Die reis word jaarliks van 1976 af gehou (met die uitsondering van die Covid-pandemie).

Lewensveranderende reise

Studente reis vir oor die drie weke en beleef (dikwels) ʼn lewensveranderende reis.

Borge

Die reis word moontlik gemaak deur ʼn groot aantal gewaardeerde borge.

Raak betrokke by die uitwisselingsprogram

Word deel van die Jongerenprojek

Ervaar die veelsydigheid van die Jongerenprojek deur deel te neem op ‘n manier wat jou passies weerspieël. Of jy nou ‘n borg, gasouer, vrywilliger, of komiteelid wil wees, daar is ‘n rol vir elkeen om ‘n waardevolle bydrae te maak tot hierdie kulturele reis.