Jongerenprojeknetwerk

Oor ons

Wat is die Jongerenprojek (JP)?

Die JP is in kern ’n uitruilprogram waardeur daar gepoog word om deelnemers ’n begrip te gee van die onderliggende verhouding wat daar tussen die Lae Lande (Nederland en België) en Suider-Afrika (Suid-Afrika en Namibië) bestaan.

Jaarlikse uitwisseling

Die Jongerenprojek-reis

Die toer word jaarliks aangebied. Een jaar kom ʼn groep studente uit die Lae Lande na Suider-Afrika vir drie weke, en die volgende jaar gaan ʼn groep Suider-Afrikaanse studente na die Lae Lande vir drie weke.

Daar is ʼn organisasie in elk van die twee wêrelddele wat die onderskeie toere reël en organiseer. Die Jongerenprojeknetwerk (JPN) is verantwoordelik vir die Suider-Afrikaanse toer. Dit beteken dat daar ʼn groep Suid-Afrikaners en Namibiërs is wat ʼn toer vir studente uit die Lae Lande reël. In die Lae Lande is die Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland en die Vlaams Zuid-Afrikaanse Vereniging verantwoordelik vir die program vir die Suider-Afrikaanse studente.

Tydens die toere bly die studente by gasouers en in koshuise, en besoek organisasies en instansies wat ’n diepgaande kennismaking met die gasheerland verseker.

Ons visie

Die oogmerk van die Jongerenprojek

Om deelnemers ’n begrip te gee van die onderliggende verhouding wat daar tussen die Lae Lande en Suider-Afrika bestaan – soos in die besonder vergestalt word in die taalbande tussen Nederlands en Afrikaans.

Die hoop is om ’n wedersydse begrip en waardering vir die Europese en Suider-Afrikaanse kulture te ontwikkel, en gemeenskaplikheid tussen Suid-Afrika, Namibië, Nederland en België te bevorder deur middel van ’n reis:

  • met ’n sterk akademiese komponent; en
  • wat deur skakeling met uiteenlopende organisasies/instansies ’n veelheid perspektiewe aan reisigers bied.

Ons missie

'n Diepgaande begrip van kulturele uitwisseling

Wie is verantwoordelik vir die organisering?

Elke tweejaarlikse reis na Suider-Afrika word gereël deur die Jongerenprojeknetwerk.

Die JPN is ’n organisasie wat bestaan uit alumni wat die JP meegemaak het asook ander vrywilligers wat die projek se doel bevorder. Die JPN is getaak daarmee om die Suider-Afrikaanse aflewering van hierdie uitruilprogram te reël. Hierdie verantwoordelikhede sluit in die samestelling, organisering en uitvoering van die program, die fasilitering van gasouers, en skakeling met belanghebbende partye met die oog op befondsing van die program.

Ons toegewyde span

Die dryfkrag agter die Jongerenprojek

DJ Cloete

Voorsitter; streekskoördineerder in Gauteng

Shawna-Leze Meiring

Ondervoorsitter; streekskoördineerder in Kaapstad

Emma Wiehman

Streekskoördineerder in die Boland

Monique Rabé

Streekskoördineerder in Noordwes

Hardus Ludick

Noordwes

Marno Swart

Pretoria

Raak betrokke by die uitwisselingsprogram

Word deel van die Jongerenprojek

Ervaar die veelsydigheid van die Jongerenprojek deur deel te neem op ‘n manier wat jou passies weerspieël. Of jy nou ‘n borg, gasouer, vrywilliger, of komiteelid wil wees, daar is ‘n rol vir elkeen om ‘n waardevolle bydrae te maak tot hierdie kulturele reis.